{"product_id":"2940044347359","title":"Tamatiestraat","description":"\u003cp\u003eDie veertienjarige Lelanie Louw se ma spring onverwags saam met haar nuwe man op ’n vliegtuig na Europa. Niemand het ’n idee wanneer om haar terug te verwag nie. Inteendeel, dit lyk al hoe meer vir die snipperige Lelanie of sy glad nie terugkom nie. Skielik moet sy en haar ouer broer Dewald by hul pa in sy woonstel intrek en teen wil en dank aanpas. Chambord-woonstelle in Pretoria huisves verskeie vreemde karakters, sommiges met verskuilde agendas - en soos enige kind weet, hou hoërskool al reeds genoeg uitdagings in.\u003cbr\u003eAsof hulle lewens nie genoeg ontwrig is nie, raak dinge lelik sodra Gustav Buitendach vir Dewald vra om vir hom ’n pakkie by die woonstel af te gee.\u003cbr\u003eAs jy jonk is van gees sal jy die emosionele mallemeule saam met Lelanie geniet.\u003cbr\u003eHierdie avontuur saam met die onnutsige Lelanie Louw was ’n finalis in die Sanlam \/ Tafelberg Jeugromankompetisie gedurende 2009\/2010.\u003cbr\u003eHenning Janse van Vuuren het die manuskrip afgestof, opgekikker en die eindproduk belowe heerlike leesstof aan tieners ouer as dertien.\u003c\/p\u003e","brand":"Henning Janse van Vuuren","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47067139178736,"sku":"2940044347359","price":0.0,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/2940044347359_p0.jpg?v=1763662628","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/2940044347359","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}