{"product_id":"2940044414716","title":"Inspirerende Gedigte","description":"\u003cp\u003eDit was Aand en dit was Môre die Sesde dag,\u003cbr\u003eAdam het op sy Vrou gewag,\u003cbr\u003eAan die Slaap geraak en Wakker geword,\u003cbr\u003eToe vind hy dat sy een Ribbebeen kort,\u003cbr\u003eHy soek toe Hier en hy soek toe Daar,\u003cbr\u003eTotdat hy Iemand in die Tuin gewaar,\u003cbr\u003eDit is 'n Vrou! Mooi, Lank en Skraal,\u003cbr\u003eHy herken sy Rib en hy gaan Haar haal.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eSolank hulle nog Kaal kon loop was alles Goed,\u003cbr\u003eWant Klere was Skaarse en Dure goed,\u003cbr\u003eTotdat die Slang eendag vir Eva bel,\u003cbr\u003eEn vir haar 'n Ander Storie vertel,\u003cbr\u003eVan die Boom van Kennis van Goed en Kwaad,\u003cbr\u003eEn hoe diè Vrug haar Lewe sou Baat,\u003cbr\u003eSy moet net dat Adam genoeg daarvan Eet,\u003cbr\u003eSodat hy ook van al die Nuwe Dinge kan weet.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eDit was ook nie Lank nie of Eva se Klerekas was Vol,\u003cbr\u003eVyeblare, Slangvelle en Truie van Wol,\u003cbr\u003eVan toe af moes Adam die Tuin bewerk,\u003cbr\u003eWant Sondae gaan hulle saam na die Kerk,\u003cbr\u003eEva in haar Beste en Duurste rok,\u003cbr\u003eWat Adam natuurlik voor op moes Dok,\u003cbr\u003eKain en Abel moes maar Velbroeke dra,\u003cbr\u003eWant Pep-Stores was mos toe nog nie daar.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eMaar al die Humor nou Agterweë gelaat,\u003cbr\u003eDie Goed word al Minder en al Meer die Kwaad,\u003cbr\u003eDie Mens se Siel die gaan ten Gronde,\u003cbr\u003eVan al die Boosheid en die Sonde,\u003cbr\u003eMaar uit Liefde het god 'n Plan gemaak,\u003cbr\u003eHy stuur Sy Seun vir hierdie Taak,\u003cbr\u003eUit die Maagd Maria Geseënde Vrou,\u003cbr\u003eWord die Verlosser gebore vir My en vir Jou.\u003c\/p\u003e","brand":"Kameeldoring Boeke","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47175799013616,"sku":"2940044414716","price":1.09,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/2940044414716_p0.jpg?v=1763662782","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/2940044414716","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}