{"product_id":"2940044524019","title":"Die van der Merwes van Diepkloof","description":"\u003cp\u003eDie bloedige warm somers mergel mens en dier uit en net die sterkstes en hardkoppigstes van hulle oorleef.\u003cbr\u003eDiepkloof is Koos van der Merwe se familie plaas en dit lê agter die Soutpansberg, na Mussina se kant toe, droë wêreld, sy Pa het altyd gesê die Berg keer die reën af. Die reuse kremetartbome hou al duisende jare wag oor die plaas en in die lente hang die groot wasagtige blomme swaar aan hulle takke. Die geur van die blomme kondig die einde van die winter aan en nadat dit deur die vlermuise bestuif is ontwikkel dit in dowwe groen fluweelagtige vrugte. Groot vingeragtige blare kenmerk die warm somers en wanneer die reuse hierdie kleed afskud in die herfs, bly net die ovaalvormige vrugte aan die takke hang. Olyfgroen hardedop vrugte hang aan die punte van die rooibruin takke, 'n versoeking vir mens en dier. Binne-in die harde dop, is pitte met 'n liggeel poeieragtige vleis om dit, soetsuur van smaak. Bobbejane, ape, en mense pluk dit af, breek dit oop en eet die pitte skoon.\u003cbr\u003eIn hierdie wereld word niks vermors nie, alles word gebruik in die ewigdurende stryd om oorlewing.\u003cbr\u003eDie volgende môre het sy Pa by die kombuis-tafel gesit, sy gesig en oë was rooi. Sy Pa het hulle teen hom vasgedruk en met ’n snaakse stem gesê , “ die Engeltjies het julle Mamma kom haal, sy gaan nou in die Hemel woon. Julle het ’n klein boetie, sy naam is Jacobus, ons sal hom klein Koos noem as hy groot is.”\u003cbr\u003eDie tannie Hettie het die klein babatjie vir hulle kom wys, sy gesiggie was rooi en sy ogies toe. Die babatjie het hard begin huil. Die tannie het vir Pa gesê hy moet ’n bietjie Bokmelk gaan kry sodat sy dit vir die babatjie kan gee om te drink.\u003cbr\u003ePa het die melkemmer gevat en ou Klara die bokooi gaan melk.\u003cbr\u003eHulle was nog in die kombuis toe sy ander Oupa en Ouma, sy Ma se ouers daar aankom.\u003cbr\u003eHulle het na die babatjie gekyk en gehuil.\u003cbr\u003eBaie mense het gekom en gegaan. Na sy Ma se begrafnis het sy oupa en ouma vir klein Koos saam geneem na hulle huis- toe....Later het hulle so een keer in ’n jaar kom kuier, dan het hulle lekker met klein Koos gespeel. Hy het later mooi groot geword, kon naderhand ’n bietjie praat, tog te oulik.\u003c\/p\u003e","brand":"Kameeldoring Boeke","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47109651103984,"sku":"2940044524019","price":0.99,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/2940044524019_p0.jpg?v=1763962139","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/2940044524019","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}