{"product_id":"2940045858151","title":"Upington is nie vir sissies nie","description":"\u003cp\u003e“Is jy helemal simpel? Mens was nie vloere met waspoeier nie,” donder die duiwel se stem voort. “Kry die hosepipe en die besem en was die stoep weer 'n keer.”\u003cbr\u003eGedwee gaan haal Elmie die tuinslang en die besem. Sy spuit eers die stoep met die tuinslang af sodat die ergste skuim afwas. Drie keer moes sy gaan waspoeier ingooi en die koos volmaak. Katriena gebruik met elke bondel wasgoed ŉ koppie waspoeier en die stoep is groot. Hoe moes sy weet die seep is te veel?\u003cbr\u003eSy sien haar ma wat voor die oop venster in die sitkamer sit en hekel. Sy na-aap haar ma: “Is jy helemal simpel? Mens was nie vloere met waspoeier nie!” Duh! Hoe moet sy weet waarmee was Katriena die vloere? Seep is seep.\u003cbr\u003eTerwyl sy haar ma se lyftaal naboots, lig sy die tuinslang al hoër. Dis asof die straal water haar hipnotiseer. Elmie staan versteen en kyk na haar ma wat gillend opspring en so af en toe na haar asem snak as die waterstraal haar vol in die gesig tref...\"\u003c\/p\u003e","brand":"VDS Brink","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47163829616880,"sku":"2940045858151","price":3.99,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/2940045858151_p0.jpg?v=1763692949","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/2940045858151","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}