{"product_id":"2940151886277","title":"My Liefste","description":"\u003cp\u003e“Is jy doodseker hierdie man Is jou trouman Cornelia. Hoe lank ken jy hom, en is hy werklik lief vir jou ?”\u003cbr\u003eYolandi sien die seer in Cornelia se oë en skud haar kop heen en weer.\u003cbr\u003e“Nee vriendin! Ek probeer nie julle verhouding verongeluk nie!... ek wil maar net nie hê jy moet seerkry nie. Of laat ek sê.. seerkry soos ek gekry het voor my troue wat nooit plaasgevind het nie..”\u003cbr\u003eHierdie keer is dit Cornelia se mond wat oophang.\u003cbr\u003e“Ek verstaan nie Yolandi.. het jy op trou gestaan?”\u003cbr\u003eYolandi vertel vir Cornelia die hele verhaal… min wetende dat die man lang hulle netso verdiep is in die gesprek tussen die twee vriendinne...\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eNa ŉ rukkie gesels hulle weer oor Cornelia se komende troue.\u003cbr\u003e“Ons gaan sommer aanbly in Kaapstad na die troue… en daar is eintlik nog so baie wat ek moet doen!” sê Cornelia.\u003cbr\u003e“Maar help jou aanstaande skoonfamilie jou dan nie met van die reelings nie Cornelia?\u003cbr\u003eSy merk die hartseer trek om haar vriendin se mond.\u003cbr\u003e“Sy ouers keer nie die huwelik goed nie Yolandi. En met my ouers wat albei oorlede is” …… Sy bly ŉ rukkie stil.\u003cbr\u003e“Daar is darem van sy niggies wat my help… maar ek sou so graag sy ma betrokke wou gehad het. Maar hulle, veral sy ma, verkies ŉ skoondogter met aansien en rykdom… en dit het ek nie.”\u003cbr\u003e“ Ai Cornelia! Moenie dat hierdie dinge jou so ontstel nie… solank jy en Pieter mekaar liefhet, is al die ander dinge bysake. Jy gaan haar nog heeltemal oor rompel met jou sjarme! Wag maar en sien!”\u003cbr\u003eHulle lag heerlik saam.\u003cbr\u003e“Ek is darem ook hier om jou te help met die troue..” antwoord Yolandi. Al kan ek net ŉ strukkie vir jou vou, is ek hier vir jou!”\u003cbr\u003e“Jaaa, ek het skoon vergeet!” roep Cornelia uit.\u003cbr\u003e“Jy is mos nou ook hier en kan ŉ handjie bysit. Dit is idiaal.!”\u003cbr\u003e“Ek moet net nie my kursus afskeep nie Cornelia. Anders slag Me Naude my lewendig af . Veral as ek daar aankom met niks wat ek op die kursus geleer is nie!”\u003cbr\u003e“Dis alles regso Yolandi, ons sal jou net gebruik as jy ŉ kansie het…” sê sy met ŉ glimlag.\u003cbr\u003eHulle gesels nou te lekker.... Deel gedagtes uit van hulle skooldae saam, en die matriekafskeid.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003e“Dames en here..” onderbreek die lugwaardin hulle gesprek.\u003cbr\u003e“U word vriendelik versoek om u sitplekgordels vas te maak.” Sy herhaal die boodskap in engels.\u003cbr\u003e“Ek moet jou telefoon nommer kry Cornelia. Ons moet in kontak bly.”\u003cbr\u003eHulle ruil gou nommers uit, en spoedig land hulle.......'n ontydige siekbed volg, en die dood tree in...\u003c\/p\u003e","brand":"Erika Visagie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47110251413744,"sku":"2940151886277","price":3.0,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/2940151886277_p0.jpg?v=1764015961","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/2940151886277","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}