{"product_id":"2940152573626","title":"Die Spanjaard","description":"\u003cp\u003eAnnette Van Tonder, 'n onderwyseres van Ellisras, se ego word ernstig geknou deur 'n sekuriteitswag, Fanie Van Blerk. Sy verafsku hom, veral toe dit 'n\u003cbr\u003etweede keer gebeur het. Sy braak gal teenoor hom toe hy by die skool 'n aanbieding kom doen oor helikopters vlieg an lug paramedici. Hy doen hom voor as\u003cbr\u003e'n Spanjaard, maar sy word nie gebluf nie. Sy aanskou ook hoe hy geld by Chinese renoster stropers ontvang.\u003cbr\u003ePieter, haar broer, is op 'n studie besoek aan Spanje, en is omgekrap omdat sy Spaanse vriend, Enrique of Enno, soos hy hom noem, nie daar is is nie. Hy\u003cbr\u003ewou hom so graag sien.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eAnnette is hoogs ontstoke toe sy die einste sekuriteitswag by haar pa se plaas aantref, waar sy ook woon, en sy uitvind hy is in diens van haar pa. Sy\u003cbr\u003elaat hom onmiddellik afdank, want hy is daar net om te stroop. Die helikoptervlieënier wat hom vervang is nie so ervare as die Spanjaard nie en hul\u003cbr\u003ebuffels breek deur die grensdraad en hulle kan nou hul plaas verloor. Pieter is woedend toe hy terugkom vanaf Spanje.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eTydens 'n helikopter rit by die skool se fees ontmoet Pieter sy vriend Enno en Annette besef iets is drasties verkeerd. Enno en Juan Cortes is dieselfde\u003cbr\u003epersoon! Hy is haar broer se beste vriend. Sy het hom met Van Blerk verwar en hom van die familie vervreem. Pieter nooi hom na die dans en hy dans met\u003cbr\u003eal die vroue, behalwe met haar. Sy kan hom nie kwalik neem nie. Sy wil so graag met hom vrede maak. Sy erken sy voel meer vir hom as wat sy gedink het.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eToe sy haar been breek in die veld tydens 'n staptog, is hy die persoon wat haar kom haal en haar been verbind. Sy maak haarself nat van pyn toe hy haar\u003cbr\u003ebeen spalk en hy dra haar drie ure lank na veiligheid terwyl sy weet hy het ook nat geword omdat hy haar dra. Haar been word gered en nou wil sy nog\u003cbr\u003emeer om verskoning vra en dankie sê. Hy wil nie 'n voet op die plaas sit nie.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eHoe gaan sy hom kry om na die plaas te kom dat sy om verskoning kan vra? Sal hy haar vergewe? Die Spanjaard het 'n sagte plekkie in sy hart vir Michelle\u003cbr\u003edie verlamde dogter van Pieter. Sy glo Juan het 'n ogie op Annette. Is dit moontlik? sy wil self graag vrede maak en hom hê. Hy is die man so na aan\u003cbr\u003ehaar hart.\u003c\/p\u003e","brand":"Johan Crous","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47110703677680,"sku":"2940152573626","price":2.99,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/2940152573626_p0.jpg?v=1764023784","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/2940152573626","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}