{"product_id":"2940153000275","title":"Soekie","description":"\u003cp\u003eWaaroor die boek gaan:\u003cbr\u003eSoekie Markgraaff het op drie-en-twintigjarige ouderdom pas klaargemaak met haar studies in Kaapstad na sy ‘n liefdesteleurstelling gehad het. Thinus kon dit nooit aanvaar dat sy ‘n maagd wil bly om dit vir haar man eendag te offer nie. Sy gaan direk na haar vakansie by Radio Suid werk as boekhouer en aflos platejoggie.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eTydens ‘n besoek aan haar tannie, Yolanda van der Sandt, ontmoet sy vir Jason Du Preez, wie so pas deur ‘n egskeiding gegaan het en niks met vrouens te doen wil hê nie, want sy vrou was ontrou. Soekie en Jason raak beste vriende, want beide het seergekry. Die feit dat Jason agt-en-dertig jaar oud is maak nie vir Soekie enige verskil nie. Hy bly ‘n opregte vriend.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eSoekie ontmoet ander mans en kry weer seer, want hulle kan ook nie aanvaar dat sy ‘n maagd wil bly nie. Jason ondersteun haar ten volle en is elke keer daar vir haar om haar te troos. Sy huil elke keer sy skouer sopnat. Een aand skakel sy hom uit desperaatheid dat hy haar moet kom haal. Hy is betyds om haar uit die kloue van ‘n man te red. Die goeie vriend Jason, hy is altyd daar vir haar, haar beste vriend Jason is …..\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eDit is 'n interaktiewe weergawe. Die leser kan kies met skakels of hy\/sy die skoon (geen beskrywings tydens bedtonele nie) of erotiese weergawe (volle beskrywing van bedtonele) wil lees.\u003c\/p\u003e","brand":"Johan Crous","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47103219368176,"sku":"2940153000275","price":2.99,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/2940153000275_p0.jpg?v=1764027019","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/2940153000275","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}