{"product_id":"2940153073330","title":"Omnibus 2","description":"\u003cp\u003eOmnibus 2 deur Jona Crous.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eHierdie bundel bevat drie boeke vat voorheen afsonderlik gepubliseer is:\u003cbr\u003eYolanda se Beurt - [ISBN 978-0-620-66984-9(epub) \u0026amp; ISBN 978-0-620-66985-6(mobi)]\u003cbr\u003eIlse - [ISBN 978-0-620-67361-7 (e-pub) \u0026amp; ISBN 978-0-620-67360-0 (mobi)]\u003cbr\u003eLeoni word Groot - [ISBN 978-0-620-67448-5 (e-pub) \u0026amp; ISBN 978-0-620-67449-2 (mobi)]\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eWaaroor die boek gaan:\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eYolanda se Beurt:\u003cbr\u003eWanneer Yolanda vir Marius Van der Sandt, die skrywer, ontmoet is dit liefde met die eerste oogopslag. Alle verloop reg en die verhouding groei vinnig.\u003cbr\u003eYolanda weet gou genoeg dat hy die man is wat sy wil hê.\u003cbr\u003eWanneer sy hom egter weens 'n misverstand verstoot, is hy weg en kan sy die wiel nie terug draai nie. Hoe lank moet sy wag? Sal hy haar vergewe? Sy het hom veroordeel en hom nooit 'n kans gegee om homself te verdedig nie. Is hy vir haar verlore?\u003cbr\u003eWanneer sy die nuus kry dat hy terugkom is sy uit haar nate, maar die noodlot probeer keer .....\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eIlse:\u003cbr\u003eDie verhaal van 'n ouer vrou wat liefde gevind het by 'n jonger man.\u003cbr\u003eIlse word summier by die nuwe hotel weens oneerlikheid ontslaan, maar haar nuwe baas, Ben Winterbach, gooi haar saak uit en bevorder haar tot direkteur, sonder dat sy hom ontmoet het, en dit slegs op die aanbeveling van haar kantoor hoof.\u003cbr\u003eIlse skaad die veel jonger Bart Winterbach se ego wanneer sy hom verkeerd opvryf. Hulle twee kom tot versoening en dit is liefde met die eerste oogopslag.\u003cbr\u003eWanneer haar nuwe baas by die werk voorgestel word, besef sy Bart en Ben Winterbach is dieselfde persoon. Hy het haar steeds aangestel, al het sy hom\u003cbr\u003everkeerd opgevryf. Hul liefde bloei en spoedig besef sy die jonger Bart is die een vir haar.\u003cbr\u003eWanneer hy haar in die arms van 'n man betrap, toe hy juis besig is om te beplan hoe om haar om haar hand te vra, en hoor sy vertel hom sy het hom lief, vat hy die pad. Hoe moes hy weet dit is haar stiefbroer wat sy vyf jaar laas gesien het?\u003cbr\u003eHoe gaan sy hom terug wen? Hoe gaan sy hom oortuig dit is net haar stiefbroer as hy weg is?\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eLeoni word groot:\u003cbr\u003eAs skooldogter bewonder Leoni du Plessis haar sportheld, die Springbok rugbyspeler, Altus Van Tonder, alias Blits Van Tonder. Sy is ook op sosiale media met hom bevriend.\u003cbr\u003eWanneer 'n motorongeluk sy bene eis moet hy ophou speel en sy verloofde, die model, los hom summier. Blits verdwyn van die samelewing en Altie die kreupel wrak verskyn. Leoni spoor hom op sosiale media en hulle bly vriende. Hy verwerp wat geneeshere sê en begin homself rehabiliteer.\u003cbr\u003eHy wyk na die platteland en word Leoni se buurman. Hy oefen bedags op Marius se grasvelde, omdat dit sagter is om op gras te val en makliker om teen die heinings op te staan, dit is natuurlik dat Marius hom na sy naweek braai sal nooi. Leoni maak die deur oop en is geskok om haar held by die deur te sien.\u003cbr\u003eSy raak lief vir Altie die mens. Sy gebrek pla haar nie, en hy onderrig haar in wiskunde. Leoni het hom aanvaar soos hy is, maar hy wil nie aanvaar wees nie, hy wil gekies wees. 'n Misverstand skei hulle van mekaar en dit breek Leoni se hart. Sy besef sy het te vêr gegaan en hom veroordeel sonder dat hy homself kon verdedig. Sy het 'n aanname gemaak en verkeerd geoordeel. Leoni begeer hom met haar hele hart, sy hoop so hulle kom weer bymekaar en dat hy haar sy vrou sal maak.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eHierdie bundel is 'n dik bundel van oor die 800 bladsye.\u003cbr\u003eDit is 'n interaktiewe eBoek.\u003cbr\u003eDie leser kan met skakels kies of hy\/sy die romantiese (skoon) weergawe wil lees en of hy\/sy die erotiese (waarin seks beskryf word) wil lees.\u003cbr\u003eDie keuse is die leser se verantwoordelikheid. Nie vir onder agtien jaar nie.\u003c\/p\u003e","brand":"Johan Crous","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47081715073264,"sku":"2940153073330","price":4.99,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/2940153073330_p0.jpg?v=1764028511","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/2940153073330","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}