{"product_id":"2940153675893","title":"Omnibus 4","description":"\u003cp\u003e3 Boeke in 1 Bundel.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003ePauline vind Geluk\u003cbr\u003eWessel Bruwer verbreek sy verhouding met sy liefde, Mandie, toe sy nie met hom wil trou nie en sy 'n oop verhouding wil hê. Hy verhuis terug na Suid-Afrika en werk as vlieënier by Meyer Industries in George.\u003cbr\u003ePauline Niemand Marx, die suksesvolle eiendomsagent se lewe kom tot stilstand toe haar man haar los vir 'n jong kind. Haar hart is gebreek.\u003cbr\u003eNa 'n suksesvolle noodlanding, wat sy vanuit haar vriendin se kantoor aanskou het, ontmoet Pauline vir Wessel en daar is onmiddellik 'n vonk tussen die twee. Wessel slaan haar voete onder haar uit en hulle weet vroeg hulle wil mekaar hê, ongeag die ouderdomsverskil. Wessel vra haar om met hom te trou en hulle raak verloof.\u003cbr\u003eNet daarna loop alles skeef. Pauline gee hom die trekpas. Wessel verloor sy werk en word gearresteer. Pauline ontdek dat sy swanger is...\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eDie Spanjaard\u003cbr\u003eAnnette Van Tonder, 'n onderwyseres van Ellisras, se ego word ernstig geknou deur 'n sekuriteitswag, Fanie Van Blerk. Sy verafsku hom, veral toe dit 'n tweede keer gebeur het. Sy braak gal teenoor hom toe hy by die skool 'n aanbieding kom doen oor helikopters vlieg en lug paramedici. Hy doen hom voor as 'n Spanjaard, maar sy word nie gebluf nie. Sy aanskou ook hoe hy geld by Chinese renoster stropers ontvang.\u003cbr\u003ePieter, haar broer, is op 'n studie besoek aan Spanje, en is omgekrap omdat sy Spaanse vriend, Enrique of Enno, soos hy hom noem, nie daar is nie. Hy wou hom so graag sien.\u003cbr\u003eAnnette is hoogs ontstoke toe sy die einste sekuriteitswag by haar pa se plaas aantref, waar sy ook woon, en sy uitvind hy is in diens van haar pa. Sy laat hom onmiddellik afdank, want hy is daar net om te stroop. Die helikoptervlieënier wat hom vervang is nie so ervare as die Spanjaard nie en hul buffels breek deur die grensdraad en hulle kan nou hul plaas verloor. Pieter is woedend toe hy terugkom vanaf Spanje.\u003cbr\u003eTydens 'n helikopter rit by die skool se fees ontmoet Pieter sy vriend Enno en Annette besef iets is drasties verkeerd. Enno en Juan Cortes is dieselfde persoon! Hy is haar broer se beste vriend. Sy het hom met Van Blerk verwar en hom van die familie vervreem. Pieter nooi hom na die dans en hy dans met al die vroue, behalwe met haar. Sy kan hom nie kwalik neem nie. Sy wil so graag met hom vrede maak. Sy erken sy voel meer vir hom as wat sy gedink het.\u003cbr\u003eHoe gaan sy hom kry om na die plaas te kom sodat sy om verskoning kan vra? Sal hy haar vergewe? Hy is die man so na aan haar hart.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eDaardie Nag\u003cbr\u003eNa haar ginekologiese operasie is Debbie Bosman gereed om met haar liefdeslewe voor te gaan. Haar man Bossie is die man van haar drome, maar hy stel glad nie meer in haar belang nie. Hy moes te lank sonder haar liefde klaarkom.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eDebbie besef hy sien 'n ander vrou. Sy is gebreek. Hoe kan haar Bossie sy troos aan 'n ander vrou se boesem soek? Sy is gebreek toe sy hoor hy neem die ander vrou na 'n gastehuis vir 'n naweek. Philip, hul buurman troos haar.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eDebbie se vriendin, 'n privaatspeurder help haar om die waarheid te ontbloot. Wat Debbie uitvind is skokkend. Lees hoe onvoorwaardelike en opregte liefde alles moontlik kan opoffer.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eHierdie boek is interaktief. U kan dus met die keuse van 'n skakel kies tussen die Erotiese weergawe (Seks word beskryf) en die Romantiese weergawe (Seks word nie beskryf nie). Lees tot u 'n keuse moet maak.\u003c\/p\u003e","brand":"Johan Crous","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47183866102000,"sku":"2940153675893","price":4.99,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/2940153675893_p0.jpg?v=1764053688","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/2940153675893","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}