{"product_id":"2940153743356","title":"Temmer van sy hart","description":"\u003cp\u003eMariëtte Swart kry 'n gesogte pos by die dieretuin, die laaste stappie voor sy die beroep kan inpalm wat sy so lankal begeer.\u003cbr\u003eSy stel 'n veearts van die buiteland aan wie Afrikaans praat. Hy is uiters bekwaam. Sy kom goed met hom oor die weg en gou is hulle vriende, al is sy ouer as hy.\u003cbr\u003eWanneer Fritz van seksuele wangedrag beskuldig word, skors sy hom as voorsorgmaatreël en na sy appèl misluk dank sy hom af. Sy is woedend toe hy haar van oneerlikheid beskuldig. Hy gee pad in sy soeke na ander werk.\u003cbr\u003eFritz se kollegas bedank uit lojaliteit aan hom en dan kry sy die bewyse dat hy onskuldig is. Sy kan die saak nie regstel nie en al haar pogings om hom op te spoor misluk. Sy eie prokureur kan haar ook nie help nie. Sy besef sy het sy lewe verwoes en hom baie seer gemaak. Sy bedank en gaan werk op 'n verafgeleë wildplaas.\u003cbr\u003eDaar besef sy dat Fritz op dieselfde plaas werk. Hy wil niks met haar te doen hê nie. Hy beskou haar as oneerlik. Mariëtte kan nie haar gevoel teenoor hom afskakel nie. Hoe gaan sy hom oortuig sy het geglo sy tree reg op en dat sy nie oneerlik was nie? Fritz se gedrag is onvoorspelbaar. Hy kan haar nie vergewe nie, alhoewel sy glo hy het steeds gevoelens vir haar. Hoekom is die lewe so onregverdig?\u003cbr\u003eHierdie boek is interaktief. U kan dus met die keuse van 'n skakel kies tussen die Erotiese weergawe (Seks word beskryf) en die Romantiese weergawe (Seks word nie beskryf nie). Lees tot u 'n keuse moet maak.\u003c\/p\u003e","brand":"Johan Crous","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47111186481392,"sku":"2940153743356","price":2.99,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/2940153743356_p0.jpg?v=1764055988","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/2940153743356","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}