{"product_id":"2940153933214","title":"Omnibus 5","description":"\u003cp\u003eDrie vollengte boeke in een bundel.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eDit is 'n interaktiewe weergawe. Die leser kan kies met skakels of hy\/sy die skoon (geen beskrywings tydens bedtonele nie) of erotiese weergawe (volle\u003cbr\u003ebeskrywing van bedtonele) wil lees.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eSoekie:\u003cbr\u003eSoekie Markgraaff het op drie-en-twintigjarige ouderdom pas klaargemaak met haar studies in Kaapstad na sy ‘n liefdesteleurstelling gehad het. Thinus\u003cbr\u003ekon dit nooit aanvaar dat sy ‘n maagd wil bly om dit vir haar man eendag te offer nie. Sy gaan direk na haar vakansie by Radio Suid werk as boekhouer en\u003cbr\u003eaflos platejoggie.\u003cbr\u003eTydens ‘n besoek aan haar tannie, Yolanda van der Sandt, ontmoet sy vir Jason Du Preez, wie so pas deur ‘n egskeiding gegaan het en niks met vrouens te\u003cbr\u003edoen wil hê nie, want sy vrou was ontrou. Soekie en Jason raak beste vriende, want beide het seergekry. Die feit dat Jason agt-en-dertig jaar oud is\u003cbr\u003emaak nie vir Soekie enige verskil nie. Hy bly ‘n opregte vriend.\u003cbr\u003eSoekie ontmoet ander mans en kry weer seer, want hulle kan ook nie aanvaar dat sy ‘n maagd wil bly nie. Jason ondersteun haar ten volle en is elke keer\u003cbr\u003edaar vir haar om haar te troos. Sy huil elke keer sy skouer sopnat. Een aand skakel sy hom uit desperaatheid dat hy haar moet kom haal. Hy is betyds om\u003cbr\u003ehaar uit die kloue van ‘n man te red. Die goeie vriend Jason, hy is altyd daar vir haar, haar beste vriend Jason .....\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eMelissa:\u003cbr\u003eWanneer Melissa van haar perd af val en en verlam is. gee sy Hardus, haar geliefde die trekpas, want sy wil nie 'n meulsteun aan sy nek wees nie. Hy\u003cbr\u003eweier dat sy alleen besluit en vra vir 'n maand om haar saam met hom te neem en dan alleen sal hulle saam besluit.\u003cbr\u003eMelissa moet onmiddellik haar skaamte afleer want Hardus moet haar bad, uit- en aantrek en haar kleedkamer toe neem. Gou-gou raak sy werklik lief vir\u003cbr\u003ehom, maar die dertig dae raak al hoe minder. Wat gaan Hardus besluit? Is hul liefde sterk genoeg?\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eTemmer Van sy Hart:\u003cbr\u003eMariëtte Swart kry 'n gesogte pos by die dieretuin, die laaste stappie voor sy die beroep inpalm wat sy so lankal begeer.\u003cbr\u003eSy stel 'n veearts van die buiteland aan wie Afrikaans praat. Hy is uiters bekwaam.\u003cbr\u003eSy kom goed met hom oor die weg en gou is hulle vriende, al is sy ouer as hy.\u003cbr\u003eWanneer Fritz van seksuele wangedrag beskuldig word, skors sy hom as voorsorgmaatreël en na sy appèl misluk dank sy hom af. Sy is woedend toe hy haar\u003cbr\u003evan oneerlikheid beskuldig. Hy gee pad in sy soeke na ander werk.\u003cbr\u003eFritz se kollegas bedank uit lojaliteit aan hom en dan kry sy die bewyse dat hy onskuldig is. Sy kan die saak nie regstel nie en al haar pogings om hom\u003cbr\u003eop te spoor misluk. Sy eie prokureur kan haar ook nie help nie. Sy besef sy het sy lewe verwoes en hom baie seer gemaak. Sy bedank en gaan werk op 'n\u003cbr\u003everafgeleë wildplaas.\u003cbr\u003eDaar besef sy dat Fritz op dieselfde plaas werk. Hy wil niks met haar te doen hê nie. Hy beskou haar as oneerlik. Mariëtte kan nie haar gevoel teenoor\u003cbr\u003ehom afskakel nie. Hoe gaan sy hom oortuig sy het geglo sy tree reg op en dat sy nie oneerlik was nie? Fritz se gedrag is onvoorspelbaar. Hy kan haar nie\u003cbr\u003evergewe nie, alhoewel sy glo hy het steeds gevoelens vir haar. Hoekom is die lewe so onregverdig?\u003c\/p\u003e","brand":"Johan Crous","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47114094772464,"sku":"2940153933214","price":5.99,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/2940153933214_p0.jpg?v=1764102626","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/2940153933214","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}