{"product_id":"2940154528747","title":"Nostalgie","description":"\u003cp\u003eSuid-Afrika is ryk aan stories, maar meer nog, Suid-Afrika is ryk aan storievertellers. Ongelukkig is daar nie altyd vir almal die geleentheid om hierdie stories met die wêreld te deel nie.\u003cbr\u003eGelukkig het SA Stories vanuit nêrens gekom om hierdie leemte aan te spreek. Die resultaat is hierdie bundel … oorspronklike stories uit die penne van splinternuwe skrywers wat brand om hul skryfsels met die wêreld te deel.\u003cbr\u003eHierdie handvol nuwe skrywers het SA Stories se skryfuitdaging met die tema, Nostalgie, met beide hande aangegryp en kortverhale gelewer wat met trots langs die bekendste skrywers s’n uitgestal kan word. En die stories is voorwaar lekker-lees. Van semi-spookstories tot ware onthou-vertellinge uit vervloë dae word die leser teruggevoer na ’n tyd toe dinge net soveel minder ingewikkeld – en lekkerder – was. Dit prikkel jou reuksin, jou onthouvermoë en jou visuele herinneringe aan mense en dinge wat was – en wat jou na aan die hart gelê het.\u003cbr\u003eHierdie bundel, die eerste in ’n hopelik lang reeks wat volg, is beslis die moeite werd om te lees. Dis beslis ’n bundel vir lees, en wéér lees en dalk, nóg ’n lees.\u003cbr\u003eLeoni Benghiat, SA Vryskutskrywer\u003c\/p\u003e","brand":"Juanita Swart","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47076501913840,"sku":"2940154528747","price":8.9,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/2940154528747_p0.jpg?v=1764070046","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/2940154528747","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}