{"product_id":"2940154570180","title":"Filtervlinder","description":"\u003cp\u003eFiltervlinder is die 2017 Naaswenner van Malherbe Uitgewers se Roman Kompetisie.\u003cbr\u003eProefleser se kommentaar: Uitstekende dialoog. Boeiende verhaal.\u003cbr\u003eRedigeerder se kommentaar: Intense, hoendervleis-boek.\u003cbr\u003eMadeleine Rust: “Hier is ‘n skrywer wat dopgehou moet word. Potensiaal in oorvloed.”\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eAs kind was Sanita Erasmus deur haar ouers gemolesteer. 'n Leefstyl van prostitusie en dwelms het sy as die normale beskou. Vir Darius, is Sanita spontaan, uiterlik mooi en sy eweknie waar dit by humor kom. Wanneer hy haar beter leer ken, val hy vas in dieptes waarvan hy geen kennis dra nie. Darius sukkel om nie te versuip nie.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eSanita begeer twee dinge: Om 'n prokureur te word, wat molesteerders toesluit en om met haar lewensredder, Darius, te trou. Om dit reg te kry moet sy ontslae raak van haar ouers en sorg dat haar gruwelike geheim verborge bly.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eProf JC Smit sê: Filtervlinder… die titel lok my nader. Met groot afwagting lees ek die Proloog en ek wil meer lees.\u003cbr\u003e‘n Verhaal van menslikheid, waar ons nuwe insigte kry in die alledaagse ervaringswêreld. Dit sny verhoudings oop en vertel ons van hoop, geloof en deursettingsvermoë, asook mislukking en teleurstelling. Die keurige taalgebruik en natuurlike skryfstyl van Elsabé, het my telkens opgeval. Ek het die boek terdeë geniet en met die toemaak van die roman kon ek dit nie verhelp om 1 Korinthiërs 13 vers 13 hardop te sê nie:\u003cbr\u003e“Al wat altyd sal bly is geloof, hoop en liefde – hierdie drie.\u003cbr\u003eMaar die grootste hiervan, bly steeds die liefde.”\u003c\/p\u003e","brand":"Malherbe Uitgewers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47103688376560,"sku":"2940154570180","price":2.99,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/2940154570180_p0.jpg?v=1764071033","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/2940154570180","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}