{"product_id":"2940154659076","title":"Stellamarie","description":"\u003cp\u003eDie buiteaardse ruimteverkenner, Leo, is nou getroud met Elana, die dokter wat haar oor hom ontferm het net na hy op aarde geland het. Hulle het albei vermoed dat hulle nie kinders sou he nie, maar dan word ‘n dogtertjie tog gebore. Haar naam Stellamarie (Stermarie) verwoord sy verlange na sy verlore wereld. Sy erf baie van haar pa se psigiese vermoens. Leo word ‘n aardse vlieenier en kry ‘n vlieenier maar in die persoon van Cebo, die seun van hulle huishoudster Miriam. Hulle word boesemvriende en hy maak ook baie ander aardse vriende, ook in die polisiemag. Hoewel hy bly hunker na sy verlore wereld en steeds met skuldgevoelens worstel, is hy, Elana en Stellamarie ‘n gelukkige gesin.Daar wag egter ook groot ontsteltenis wanneer hulle pad die van ‘n psigopatiese kindermoordenaar kruis. Die ondervinding vernietig Leo byna en hy moet uit ‘n sielestryd getrek word deur Pieter, die predikantman van Elana se beste vriendin. Dit gaan daarna weer goed totdat Leo voorbodes begin kry en aan ‘n groot toets onderwerp word. Gaan hy sy eie lewe offer om Stellamarie te red? Gaan hy sterf of dit oorleef? Die storie wentel om die moeilike aanpassing van ‘n eens volmaakte wese by die gebroke aarde. Dit gaan oor liefde, skuldgevoel, verlossing, pyn en genade. Die boek het ‘n sterk godsdienstige inslag.\u003c\/p\u003e","brand":"Juanita Swart","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47300559470832,"sku":"2940154659076","price":5.85,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/2940154659076_p0.jpg?v=1764074704","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/2940154659076","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}