{"product_id":"2940155063797","title":"Donker pad na die lig","description":"\u003cp\u003eGiel Steytler wou 'n seun gehad het. 'n Groot, fris boereseun, 'n waardige erfgenaam vir die familieplaas. Toe kry hy eers 'n dogter en jare later 'n klein, fyn, pieperige en oorgevoelige seuntjie wat nie wil jag nie, niks kan slag nie en, van alle dinge, prentjies teken. Sy teleurstelling sit oor in toenemende kindermishandeling- veral nadat hy 'n kopbesering in 'n motorongeluk opdoen en toenemend ontoerekenbaar word. Wanneer sy dogter by die plaas aankom met 'n groot, fris kerel, is dit egter vir hom 'n skok wanneer Nico duidelik Martin as held begin beskou. By sy teleurstelling kom nou ook jaloesie en op die ou einde slaan hy Nico byna dood, met die gevolg dat Martin hom ook byna doodslaan. Die res van die verhaal gaan oor Nico se stadige herstel en sy ontwikkeling tot 'n groot kunstenaar onder Martin se vaderlike leiding. Na Martin hom bewusteloos geslaan het, begin 'n groot gewas op Giel se brein bloei en hy is daarna 'n halwe mens in 'n rystoel wat in 'n versorgingsoord beland. Wanneer Giel uiteindelik sterwend is, dring die jong Nico egter daarop aan om hom te gaan sien. Hy waak die hele nag by sy pa en Giel vind tog vrede. Die einde van die verhaal van mishandeling is genade en versoening\u003c\/p\u003e","brand":"Juanita Swart","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47111960035568,"sku":"2940155063797","price":5.85,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/2940155063797_p0.jpg?v=1764074537","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/2940155063797","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}