{"product_id":"2940155073468","title":"Striksvye","description":"\u003cp\u003eStriksvye is die tweede bundel kortverhale uit Hendie se pen.\u003cbr\u003eDit is 'n versameling van 18 stories met 'n variasie van lewenstemas en sosiale kwessies wat maar deurlopend in ons komplekse samelewing opduik. Daar is stories van vergelding, moord, selfmoord, hartseer en wroeging, maar nes 'n stekelrige turksvybos met die soetste vrugte, is daar ook stories van hoop, vergifnis, selfaanvaarding, oorwinning en sukses.\u003cbr\u003eKom ontmoet vir Santa, ‘n lugwaardin wat bewonder word deur haar kollegas, maar wat is haar donker geheim? Klim saam met Janpiet op die dak waar sy projek gestalte kry sonder dat die mense van Protea-huis iets vermoed. Dan is daar die rillerstorie van Antissa en die seerkry van Anina met haar lappieskombers. Hoogmoedigheid het sy prys wanneer Sannie oplaas huis toe kom en watse invloed het die Griekse mitologie in Antropos en Lenie se melkweg? Watter sinister magte omring die Kliphuis?\u003cbr\u003eIngesluit in hierdie bundel is ook Die Geleentheid wat in die US Woordfeesbundel 2017 opgeneem is.\u003c\/p\u003e","brand":"Juanita Swart","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47111965278448,"sku":"2940155073468","price":7.26,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/2940155073468_p0.jpg?v=1764085943","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/2940155073468","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}