{"product_id":"9780143529736","title":"Die uitsonderlike boek van Suid-Afrikaanse gholf","description":"\u003ci\u003eDie Uitsonderlike Boek van Suid-Afrikaanse Gholf\u003c\/i\u003e is 'n móét lees vir enige gholf-fanatikus. Michael Vlismas het uit jare se ervaring as sport- en gholfjoernalis geput om 'n fassinerende versameling trivia, aanhalings, ongelooflike tellings, skreeusnaakse staaltjies en verhale van agter die skerms van Suid-Afrika gholf saam te stel. Hierdie uitsonderlike Suid-Afrikaanse gholfboek bevat boeiende trivia soos: die blouape wat die kameraspan gedurende 'n belangrike toernooi gekaap het; die Suid-Afrikaanse gholfklub wat bekend is vir sy slange; Jaco van Zyl se SA PGA-oorwinning vanuit 'n roosbedding; die boer wat 30 km met sy trekker gery het om gras op sy plaaslike gholfbaan te plant; hoe Simon Hobday gedreig het om 'n toeskouer en sy vrou te laat vermoor; die kolhou-prys wat niemand wou wen nie ... en veel meer.","brand":"Huia (NZ) Ltd","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47106524938480,"sku":"9780143529736","price":7.82,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/9780143529736_p0.jpg?v=1763657346","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/9780143529736","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}