{"product_id":"9780624052159","title":"Vir liefde en vryheid","description":"Tydens die Hugenote-vervolgings in Frankryk word die pasgetroude Jeanne Marceau en haar familie wreed onderdruk. Nadat dragonders haar man weggevoer is om ’n galeislaaf te word, ontdek Jeanne dat sy swanger is en vlug haar familie.  Die Hugenoot Hertog Armand de Roubaix-Plessis, wat hulle help ontsnap het, neem dieselfde Oos-Indiese Kompanjie-skip na Suid-Afrika.  Deur al haar ellendes en swaar aanpassin in die Kaap, is Armand ‘n steunpilaar vir Jeanne.  Sy voel sterk aangetrokke tot hom, maar is baie bewus daarvan dat sy van ‘n laer stand is.  Boonop is sy steeds getroud – al weet sy nie of haar man oorleef het nie.  En dan probeer kaptein Jan-Hendrik van den Boogaerde, wat op pad is na die Kaap om bevelvoerder van die garnisoen te word, ook ernstig vlerksleep by haar.   Jeanne se lewe voel na ‘n web van skynbaar onoplosbare probleme en sy wonder of sy ooit weer huweliksgeluk sal vind.","brand":"Tafelberg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47109183439088,"sku":"9780624052159","price":7.31,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/9780624052159_p0.jpg?v=1763602617","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/9780624052159","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}