{"product_id":"9780624052197","title":"Waar liefde vonkel","description":"Yvette Malherbe se ambisie om in Frankryk te gaan leer sjampanje maak, neem haar na die Château de Vancy in Champagne. Dit is ook die plek waarvandaan haar ouma Jonelle de Vancy as vlugteling na Suid-Afrika gekom het. Watter onvergeeflike sonde, behalwe om buite die eg swanger te raak, het haar ouma gepleeg? Wie is haar oupa en watter euwels vind nog heeltyd daar op Vancy plaas?In Frankryk raak Yvette in die familiesake verstrik. Terwyl sy probeer om die geheime te ontrafel, is daar ’n ander uitgeworpene, verbitterd en wrokkig, wat vroue op Vancy weerd verkrag en vermoor. Yvette raak hier, soos haar tragiese ouma Jonelle, op die verkeerde man verlief, al weet sy dat dit vir haar net hartseer en skade kan berokken. Een vir een word die tergende geheime geopenbaar, tot op die laaste. . .","brand":"Tafelberg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47109882577136,"sku":"9780624052197","price":6.99,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/9780624052197_p0.jpg?v=1763603317","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/9780624052197","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}