{"product_id":"9780624065272","title":"Ena Murray-omnibus 39","description":"In Eensaam op Wegdraai besef die tweeling Bokkie en Tokkie hulle sal 'n blink plan moet smee as hulle nie juffrou Huizeman as hul nuwe ma wil hê nie. Die oplossing: hulle soek eerder sélf 'n moeder so na hul hart. En die aangewese plek is Soek en Vind, tydskrifhoekie vir eensames. \u003cp\u003eIn Verworpe silwer fuif Louis Mocke op sy eerste huweliksnag saam met sy vriende in die hotelkroeg. Was sy erfporsie tog die lokaas vir sy blitshuwelik met Santie Marais? En jaag sy broer, Darius, net spoke op wanneer hy haar waarsku om haar goed te vat en te loop?\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eEn in Wag-'n-bietjiebos van die liefde ondersoek die maatskaplike werker Lisbe Erwee 'n nuwe geval in Keerboomstraat en word onvermydelik in die wag-'n-bietjiebos van die lewe vasgevang.\u003c\/p\u003e","brand":"Media24 Boeke (Pty) Ltd","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50090051043568,"sku":"9780624065272","price":17.91,"currency_code":"USD","in_stock":false}],"url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/9780624065272","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}