{"product_id":"9780624073789","title":"Wat nou, Suid Afrika?","description":"Om braaivleisvure skiet gewone Suid-Afrikaners se kommervlakke deesdae amper net so hoog op soos die vonke. In Wat nou, Suid-Afrika? vra Theuns Eloff talle kritiese vrae, waaronder: Wat is Maatskappy Suid-Afrika se bates en laste? Tel meriete nog in die staatsdiens? Hoe gemaak met die krisis in Afrikaanse onderwys? Watter veranderinge kan gewone Suid-Afrikaners teweeg bring? Hy bespreek die kwessies op almal se lippe: die gebrek aan leierskap deur die Zuma-regering, die impak van kaderontplooiing en korrupsie, die toenemende kultuur van toe-eiening, asook die druk waaronder Afrikaans in die openbare domein is. Eloff steun op die jongste navorsing en sy ervaring in die politieke- en sakewêreld om nuwe perspektief op al hierdie kwelpunte te gee.","brand":"Tafelberg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47115992793328,"sku":"9780624073789","price":10.49,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/9780624073789_p0.jpg?v=1763602893","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/9780624073789","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}