{"product_id":"9780624077664","title":"Vertrou nie op prinse","description":"Wanneer Louise le Roux van die buiteland terugkeer, verwerf sy ŉ droompos – as kuratrise van een van die belangrikste private kunsversamelings in Suid-Afrika. Gou is dit duidelik dat iets nie pluis is in die versameling van die Schoongelegen-herehuis nie. Haar ondersoek na die ongerymdhede ontwikkel in ŉ nagmerrie wanneer haar lewe bedreig word.  Haar taak word verder gekompliseer deur die wisselvalligheid van haar verhouding met die twee aantreklike mans op Schoongelegen, die enigmatiese Ryk Hofmeyr – magnaat, wynboer, kunskenner – en die seunsagtige Martin, sy privaatsekretaris, wat duidelik been-af op Louise is. En verder is daar die Contessa, wat ŉ onpeilbare verbintenis met albei mans het . . .  Louise se vertwyfeling oor wie om te verdink en wie om te vertrou word vererger deur die vertwyfelinge van haar eie hart.","brand":"Tafelberg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47124543504624,"sku":"9780624077664","price":18.64,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/9780624077664_p0.jpg?v=1763602056","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/9780624077664","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}