{"product_id":"9780624080015","title":"Kristalvlakte","description":"Uit die flenters van oorloë smous Priscilla vir haar en haar familie ŉ lewe aanmekaar. 'n Gemeenskap op die Kaapse Vlakte bloei op die snypunt van politieke ordes, bende-base en godsdiensleiers. Soms is daar eilandjies vrede, soos in enige goeie oorlog. Maar oorlog is soos liefde: dit sal ŉ pad vind. En solank die bloeddruk klop, sal Priscilla se smokkelhandel oorleef, in die kantlyn van die geskiedenis. Amy Jephta se epiese teaterstuk vertel die verhaal van ŉ gemeenskap, ŉ verhaal veel groter as dié van individuele karakters. Hierdie herwerking van Bertholt Brecht se Mutter Courage und ihre Kinder bied geen eenvoudige antwoorde nie, maar vlek ŉ sosiale werklikheid oop tot op die been.","brand":"Tafelberg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47124642398448,"sku":"9780624080015","price":13.89,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/9780624080015_p0.jpg?v=1763609170","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/9780624080015","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}