{"product_id":"9780624081227","title":"Jou Romeo","description":"Dramageeks Yvette en Tyler is verpletter toe die skoolhoof aankondig dat die skool se hele kultuurbegroting gebruik word vir die opgradering van die krieketklubhuis #lopies. Desperaat om hulle opvoering van Romeo en Juliet te red, oortuig hulle die skool se sportheld en hartebreker, Marko Marais, om die rol van Romeo te vertolk #leggings. Hulle plan werk en kaartjies verkoop soos soetkoek. Marko voel aangetrokke tot Yvette, en sy sien ook iets diepers in Marko as die spiertier-jock met die mooi glimlag #liefde. Maar ’n leuen dreig om hulle uitmekaar te skeur en die opvoering te kelder. Ons weet almal hoe Willem Wikkelspies se Romeo en Juliet-verhaal eindig. Sal hierdie een ’n gelukkiger einde hê?","brand":"Tafelberg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47124643053808,"sku":"9780624081227","price":10.96,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/9780624081227_p0.jpg?v=1763603565","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/9780624081227","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}