{"product_id":"9780795801181","title":"Goudduiwel","description":"Agent Rex Reynecke moet ’n span lei in ’n forensiese ondersoek vir die Valke. Sy verhouding met die beeldskone Alicia blom, ten spyte van daardie een doring in die vlees: haar broer, die wilde loot Niel Campher. Nes Rex dink hy begin die nuwe uitdagings van sy beroep baasraak, verdwyn Campher – pas nadat die man geïdentifiseer is as die hoofverdagte in ’n dubbele moordsaak. Spoedig blyk dit dat Campher se verdwyning verband hou met die sogenaamde Kruger-miljoene van die Anglo-Boereoorlog, en Rex moet hom red uit die kloue van ’n duistere organisasie genaamd die Ysterhout-laer. In dié intrige-belaaide roman bou die spanning op tot ’n hoogtepunt in Skukuza – ’n wilde  jaagtog op donker stofpaaie wat geskik is vir die vrye beweging van swerwende wild, nie vir kat-en-muisspeletjies met kragtige voertuie nie . . .","brand":"Queillerie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47118768046320,"sku":"9780795801181","price":18.27,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/9780795801181_p0.jpg?v=1763664039","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/9780795801181","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}