{"product_id":"9780798157476","title":"Proteus","description":"Tobela “Tiny” Mpayipheli, oud-KGB-sluipmoordenaar, ook bekend as “Umzingeli” (Die Jagter), het gedink hy het sy vorige lewe agtergelaat. Hy het vrede gevind, maar bevind hom skielik in ’n onmoontlike situasie. Want lojaliteit is belangrik – en hy moet nou binne 72 uur in Lusaka uitkom, anders sterf ’n ou vriend, ’n medestryder wat gyselaar gehou word.Maar die losprys wat hy saam met hom moet neem, is gevaarlik – ’n hardeskyf met sensitiewe inligting. Die plaaslike intelligensiediens gaan alles in hul vermoë doen om hom te keer.En nou word die jagter die prooi. Op ’n “geleende” BMW-motorfiets vat hy die lang pad. Maar hoe verder hy vorder, hoe stywer span die net om hom.Spanning uit die boonste rakke; ’n boek wat geen leser sal kan neersit nie.","brand":"Human \u0026 Rousseau","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47109011931376,"sku":"9780798157476","price":15.89,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/9780798157476_p0.jpg?v=1763724981","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/9780798157476","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}