{"product_id":"9780798170345","title":"Die respektabele meneer Hartslief","description":"Elie Hartslief is deesdae amper respektabel en mnr. Morkel van Morkel Wealth se regterhand. Wanneer sy saggeaarde broer Basie se lyk langs 'n afgeleë pad gevind word, word die Hartslief-clan van Brixton egter genoodsaak om laer te trek. Elie is die brein; Antie Engel met haar sopkombuis en sesde sintuig die hart; neef Boela met die slaghuis die spiere; en die verfynde kok Moks met sy helderkleurige mohican en mediwietkoekies die bek. Hulle kom egter teen gedugte teenstanders te staan: die berugte King of Sleaze en sy huurmoordenaar Lood - 'n man met 'n passie vir saksofoonmusiek en 'n aanleg om mense op kreatiewe maniere dood te maak.","brand":"Media24 Boeke (Pty) Ltd","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47021107708144,"sku":"9780798170345","price":19.74,"currency_code":"USD","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/9780798170345_p0.jpg?v=1763729428","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/9780798170345","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}