{"product_id":"9780992193805","title":"Sandsteenkasteel: 'n Historiese roman","description":"\"My planne is reeds agtermekaar. Ek gaan van Kingsberg 'n onvervreembare erfenis maak tot ná die vierde geslag. So sal ek sorg dat niemand hier afbreek wat ek opgebou het nie. Niemand sal hier iets kan doen wat die volgende geslagte benadeel nie.\"\u003cbr\u003eVoordat John Adams hierdie uitspraak maak, is Suid-Afrika die droomland met onbeperkte geleenthede. Hy emigreer van Engeland hierheen, word 'n skatryk diamantmagnaat en grondbaron. Hy werk die toekoms haarfyn uit vir sy kinders en die nageslagte wat sou kom. Sy vrou, Sarah, waarsku: \"Kinders het nie kontrakte met hul ouers wat maak dat hulle nie kan wegbreek nie.\" \u003cbr\u003eSo word elke karakter in hierdie aangrypende verhaal inderdaad 'n persoon met eie drome, eie ideale. Onherstelbare konflik volg, verhoudinge verbrokkel en drome word verpletter. Die Adams-familie word byna tot mislukking gedoem weens John se obsessie met welvaart en die behoud van Kingsberg vir die geslagte. Die massiewe sandsteenkasteel met sy 32 vertrekke word net so 'n belangrike \"karakter\" in die verhaal as die familielede. \u003cbr\u003eSandsteenkasteel is 'n aandoenlike maar ook kragtige verhaal. Dit is 'n kunstig gestruktureerde ontginning van die verlede: 'n boeiende stuk persoonlike sowel as streeksgeskiedenis wat in die Oos-Vrystaat afspeel.","brand":"e-Boeke vir Afrika","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50086428344560,"sku":"9780992193805","price":14.99,"currency_code":"USD","in_stock":false}],"url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/9780992193805","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}