{"product_id":"9781415326879","title":"Liefde vir elke dag (eBoek): 365 Dagstukkies","description":"‘God is liefde.’ Hierdie Bybelvers is alombekend en alombemind, maar verstaan ons werklik wat dit beteken en wat die implikasies daarvan vir ons daaglikse lewe is?  As ons begin besef hoe lief God ons het en wat dit beteken dat Hy in sy Wese liefde is, kan dit nie anders as om ons te begin verander nie. Daardie besef leer ons om anders te kyk en anders te voel oor onsself, en dit vernuwe dan weer ons perspektief en emosies oor ander mense.  Liefde is egter nie net ’n emosie nie. Dit is iets wat uiteindelik ook in ons daaglikse doen en late tot uiting kom. Liefde vir elke dag neem jou op ’n jaar-lange ont¬dekkingstog van wat liefde werklik beteken en watter uitwerking ware liefde op ons lewe en die wêreld om ons kan en behoort te hê.  Helena Hugo bekyk verskeie aspekte van ’n lewe wat deur liefde aangedryf word aan die hand van onderwerpe soos:   Liefde leer mense liefhê   Liefde leer ons bid   Liefde vernuwe ons hoop   Liefde leer ons gehoorsaamheid en trou   Liefde vergewe   Liefde vir elke dag is ’n vars briesie wat gewaarborg is om nuwe lewe in moeë harte te blaas.","brand":"Christian Art Distributors Pty Ltd","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47126572040432,"sku":"9781415326879","price":7.95,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/9781415326879_p0.jpg?v=1763726092","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/9781415326879","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}