{"product_id":"9781415331309","title":"Jou geestelike nalatenskap (eBoek): Hoe om betekenisvolle geloof in jou kinders te kweek en dit na toekomstige geslagte oor te dra","description":"Ons lewe in ’n wêreld wat daarop uit is om ons kinders se kinderlike geloof te vernietig en hulle by polities-korrekte ideologieë, godlose geloofstelsels en blatante onsedelikheid te betrek wat vorige generasies sou geskok het. Dit is wat vandag se Christen-ouers in die gesig staar en baie van hulle vrees dit. Ons lewe waarlik in ’n gevaarlike wêreld. Maar die goeie nuus is dat daar ’n manier is hoe jy hierdie geveg vir die harte, gedagtes en siele van ons kosbare kinders kan oorwin. Dit maak nie saak in watter stadium jy is as ’n ouer of grootouer nie, jy kan ’n geestelike nalatenskap nalaat wat jou kinders en kleinkinders met ’n rotsvaste nalatenskap van geloof sal toerus. Jou geestelike nalatenskap vertel jou hoe om dit te doen deur: Dr. Dobson se persoonlike storie van sy eie geestelike nalatenskap; Strategieë vir die geestelike opleiding van jou kinders; Hulp vir ouers van wegloopkinders; Hoop om ongeredde ouers te bereik; Beginsels vir die bou van ’n liefdevolle verhouding met jou kinders; Getuienisse van ouers wat dit reggekry het; Stories wat jy aan jou kinders kan voorlees oor jou geestelike nalatenskap; Stappe wat jy kan neem om jou kind na Christus toe te lei. Hoe leer jy jou kinders wat die belangrikste is? Jy doen dit deur baie spesifiek te wees oor hulle geestelike ‘opleiding’. Jou geestelike nalatenskap sal jou help om dit die belangrikste prioriteit vir jou gesin te maak.","brand":"Christian Art Distributors Pty Ltd","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47152470491376,"sku":"9781415331309","price":7.49,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/9781415331309_p0.jpg?v=1763726101","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/9781415331309","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}