{"product_id":"9781415332573","title":"God se oneindige verrassings (eBoek): Oordenkings vir elke dag van die jaar","description":"God se oneindige verrassings – afgelei van die immergewilde Daily Guideposts Devotional wat lesers al vir baie jare inspireer – is ’n betroubare metgesel wat lesers help om te groei en hul geloof uit te leef in hul daaglikse lewens. God se oneindige verrassings bied vir elke dag ’n kort Skrifgedeelte om oor te besin, vergesel deur ’n dagstukkie, wat bestaan uit ’n ware verhaal, geskryf in die eerste persoon in ’n informele gesprekstyl. Dit handel oor die maniere waarop God met ons praat deur die alledaagse gebeure van die lewe, en dan volg ’n kort gebed om die leser se eie gebede te help fokus en om die dag se boodskap toe te pas. Vir diegene wat meer Skriftuurlike diepte in hul stiltetyd soek, bied die ‘delf dieper’ stukkie bykomende Bybelverse wat verband hou met die dag se stukkie. In net vyf minute per dag sal God se oneindige verrassings lesers help om elke dag van die jaar geestelike diepte in hul lewens te kry. Die tema van ‘oorvloedige vreugde’ bevestig op elke bladsy God se aanbod van sy liefde en leiding vir elke dag. Stel jou voor: ’n jaar gevul met liefde en goedheid – van die oggend tot die aand. ’n Hele 365 dae wat voor jou uitstrek, elkeen nuut en vars, sinryk en volmaak. Jou 52 reisgenote in God se oneindige verrassings gaan jou help om elke oggend die dag vol geleenthede te verwelkom en aan te gryp. Hierdie 52 bydraers gaan hul oorwinnings en worstelinge met jou deel, en hand aan hand saam met jou deur die jaar stap. Al die bydraes weerspieël vanjaar se tema: ‘Oorvloedige vreugde’. ‘Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!’ (Rom 15:13). Hierdie Skrifgedeelte belowe dat God se oneindige liefde jou onderhou. Al voel jy afgerem, uitgeput of oorweldig deur probleme, wil jou geestelike reisgenote in God se oneindige verrassings jou nader aan God bring sodat Hy jou hart met vreugde en vrede kan vul omdat jy op Hom vertrou. Begroet elke dag met dankbaarheid en lof, want jou seëninge is hier! God se beloftes hou altyd stand, sy liefde verander nooit nie en sy voorraad raak nooit uitgeput nie.","brand":"Christian Art Distributors Pty Ltd","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47152392306928,"sku":"9781415332573","price":6.95,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/9781415332573_p0.jpg?v=1763725898","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/9781415332573","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}