{"product_id":"9781431603299","title":"Gekoester in God se liefde (eBoek): 40 stilword-oomblikke by God","description":"Die media se ideale prentjie van vandag se vrou is iemand met die verstand van Einstein, die hart van moeder Teresa en die lyf van ’n supermodel. Gelukkig is daar een plek waar ’n vrou maar net vrou kan wees. Dit is in die liefdevolle arms van ons hemelse Vader. Hy het jóú lief ... net soos jy is!      In die 40 dagstukkies van GEKOESTER IN GOD SE LIEFDE help Milanie Vosloo vroue om weer in hulself te glo en te weet hulle kan ander inspireer. Verder fokus die dagboek op gesonde verhoudings, vreugde, sukses, heelwees, God se wil en hoe jy elke dag optree. Elke dagstukkie bied ook ’n gedagte om oor na te dink of ’n uitdaging om lesers se lewe met vreugde te verryk.      In GEKOESTER IN GOD SE LIEFDE oortuig die skrywer vroue dat hulle saam met die Vader van vreugde elke toneel van hul lewe met ’n glimlag kan verf. God wil hulle help om hul aardse bestaan positief en met verwagting te leef.","brand":"Christian Art Distributors Pty Ltd","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47124669825264,"sku":"9781431603299","price":2.99,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/9781431603299_p0.jpg?v=1763750573","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/9781431603299","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}