{"product_id":"9781431611591","title":"Bevryding van kettings (eBoek): Oorkom: negatiewe denke, irrasionele gevoelens, gewoontesondes","description":"Jy weet nie hoe jy in so ’n gemors beland het nie. Jy word teruggehou deur vrees, depressie, gewoontes waarvan jy nie ontslae kan raak nie, gedagtes of innerlike stemme waarvan jy nie kan wegkom nie, of sondige optrede wat jy nie kan ontwyk nie. Jy is dan ’n Christen, en hierdie tipe ding is nie veronderstel om jou te gebeur nie ... of dis wat jy wysgemaak is.\u003cbr\u003e In BEVRYDING VAN KETTINGS wend Neil T. Anderson ’n bewuste poging aan om die aard van geestelike konflikte bloot te lê en te wys hoe dit in Christus oorwin kan word. Die eerste deel verduidelik ons posisie van vryheid, beskerming en outoriteit in Christus. Die tweede deel waarsku ons teen ons kwesbaarheid vir versoeking, beskuldiging en misleiding. En die derde deel wys ons hoe om vry te word in Christus.\u003cbr\u003e Die Bybel waarsku op meer as een plek dat alle Christene voor Satan en sy geeste van die duisternis te staan sal kom. Die geestelike konflik wat binne jou aan die gang is, is baie werklik. Net so is die antwoorde.\u003cbr\u003e Besef wie jy is in Christus en wat dit beteken om werklik ’n kind van God te wees. ’n Bewustheid van jou geestelike identiteit en posisie in Christus is die noodsaaklike waarheid wat jou sal vrymaak.","brand":"Christian Art Distributors Pty Ltd","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47139280912624,"sku":"9781431611591","price":6.99,"currency_code":"USD","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/9781431611591_p0.jpg?v=1763750627","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/9781431611591","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}