{"product_id":"9781920434878","title":"Moenie Stres Nie!: Positiewe boodskappe vir Suid-Afrikaners, deur Suid-Afrikaners","description":"\u003cp\u003eSuid-Afrikaners onthou toe beurtkrag in 2008 die land tot stilstand gebring het. Daar was 'n stormloop vir opwekkers en eiendom in Perth, Australia. 'n E-pos vanaf Alan Knott-Craig wat Suid-Afrikaners herinner aan die positiewe dinge verbonde aan 'n lewe in Suid-Afrika het soos blits versprei en reaksies van duisende Suid-Afrikaners ontlok. So het Don't Panic! tot bestaan gekom - 'n boek wat 'n oomblik in SA geskiedenis vasgelê het. Beweeg aan na 2014 en ons het beurtkrag (grotendeels) vergeet, ons was die gasheer vir die wêreldbeker-sokkertoernooi, ons het die globale resessie oorleef, maar nou tree die paniekgevoel weer in. Die Rand val, politiek domineer die nuus, daar is oral betogings oor dienslewering - moet ons nou stres? Lees die advies van Alan Knott-Craig, Willem Breytenbach, Max du Preez, Anet Vosloo, Brand Pretorius en menigte ander (welbekende mense, gewone Suid-Afrikaners en internasionale burgers wat tot Suid-Afrika aangetrokke is) wat vir ons sê: Moenie stres nie!\u003c\/p\u003e","brand":"Bookstorm","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47033147883760,"sku":"9781920434878","price":9.99,"currency_code":"USD","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0737\/7593\/9824\/files\/9781920434878_p0.jpg?v=1763631795","url":"https:\/\/shop-qa.barnesandnoble.com\/products\/9781920434878","provider":"Barnes \u0026 Noble (DEV)","version":"1.0","type":"link"}