Skip to product information
1 of 1

Sophia Roets

Man Agter Die Skerms

Man Agter Die Skerms

Regular price $3.99 USD
Regular price Sale price $3.99 USD
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Quantity

Waar Anton Joubert ookal gaan, is daar probleme wat opgelos moet word. En hy los dit op. Van dwelmhandelaar vang tot beskerming van BBP's. En hy doen dit alles in die geheim. Nie eers sy gesin weet daarvan nie. Sy vrou, Lindie dink hy is maar 'n vaal boekwinkeleienaartjie wat elke dag sy winkeltjie oopsluit en boeke verkoop. En so af en toe moet hy Kaap toe gaan vir 'n boekekonferensie om te sien of daar nuwe skrywers is wie se boeke hy wil verkoop. Wat sy nie weet nie, is dat hy nog nooit in die Kaap was nie. Elke keer is hy iewers in 'n ander land besig om die wêreld te red.
Toe, op 'n dag bid iemand in die huiskerk wat Lindie gereeld bywoon, dat hy tog die Here Jesus moet leer ken, want almal weet hy is nie 'n Christen nie. En Lindie bid, en almal bid vir hom. Juis in daardie tyd begin hy foute maak. Foute wat sy dekmantel kan lig en en sy fokus laat verdof. Dit spel gevaar.
Daar gebeur dinge in sy gees wat hom laat besluit om oop kaarte te speel. Sal Lindie die waarheid kan hanteer? Sal sy hom nog so lief hê as sy weet van die ander deel van sy lewe? Dis 'n kans wat hy moet waag.

View full details