Skip to product information
1 of 1

Johan Crous

Die Spanjaard

Die Spanjaard

Regular price $2.99 USD
Regular price Sale price $2.99 USD
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Quantity

Annette Van Tonder, 'n onderwyseres van Ellisras, se ego word ernstig geknou deur 'n sekuriteitswag, Fanie Van Blerk. Sy verafsku hom, veral toe dit 'n
tweede keer gebeur het. Sy braak gal teenoor hom toe hy by die skool 'n aanbieding kom doen oor helikopters vlieg an lug paramedici. Hy doen hom voor as
'n Spanjaard, maar sy word nie gebluf nie. Sy aanskou ook hoe hy geld by Chinese renoster stropers ontvang.
Pieter, haar broer, is op 'n studie besoek aan Spanje, en is omgekrap omdat sy Spaanse vriend, Enrique of Enno, soos hy hom noem, nie daar is is nie. Hy
wou hom so graag sien.

Annette is hoogs ontstoke toe sy die einste sekuriteitswag by haar pa se plaas aantref, waar sy ook woon, en sy uitvind hy is in diens van haar pa. Sy
laat hom onmiddellik afdank, want hy is daar net om te stroop. Die helikoptervlieënier wat hom vervang is nie so ervare as die Spanjaard nie en hul
buffels breek deur die grensdraad en hulle kan nou hul plaas verloor. Pieter is woedend toe hy terugkom vanaf Spanje.

Tydens 'n helikopter rit by die skool se fees ontmoet Pieter sy vriend Enno en Annette besef iets is drasties verkeerd. Enno en Juan Cortes is dieselfde
persoon! Hy is haar broer se beste vriend. Sy het hom met Van Blerk verwar en hom van die familie vervreem. Pieter nooi hom na die dans en hy dans met
al die vroue, behalwe met haar. Sy kan hom nie kwalik neem nie. Sy wil so graag met hom vrede maak. Sy erken sy voel meer vir hom as wat sy gedink het.

Toe sy haar been breek in die veld tydens 'n staptog, is hy die persoon wat haar kom haal en haar been verbind. Sy maak haarself nat van pyn toe hy haar
been spalk en hy dra haar drie ure lank na veiligheid terwyl sy weet hy het ook nat geword omdat hy haar dra. Haar been word gered en nou wil sy nog
meer om verskoning vra en dankie sê. Hy wil nie 'n voet op die plaas sit nie.

Hoe gaan sy hom kry om na die plaas te kom dat sy om verskoning kan vra? Sal hy haar vergewe? Die Spanjaard het 'n sagte plekkie in sy hart vir Michelle
die verlamde dogter van Pieter. Sy glo Juan het 'n ogie op Annette. Is dit moontlik? sy wil self graag vrede maak en hom hê. Hy is die man so na aan
haar hart.

View full details