Skip to product information
1 of 1

Maritha van Wyk

Grietmeid se Kalahari-Krismis

Grietmeid se Kalahari-Krismis

Regular price $3.49 USD
Regular price Sale price $3.49 USD
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Quantity

Vandat Grietmeid kon onthou wou sy altyd weet wat anderkant die Kalahari se sandduine was. En sy kon nie wag om finaal die Kalaharistof van haar voete te skud nie.
Dit was presies wat later gebeur het toe sy, ironies genoeg, die Kalaharisandduine vir die woestynsand van Doebai verruil het. Kort voor lank het Grietmeid egter begin hunker om terug te gaan na daardie einste Kalaharisandduine en sy mense – na ‘n tyd toe sy ongebonde kon leef, want ‘n mens moet mos altyd eers iets verloor voordat jy die waarde daarvan besef.
Ongelukkig is dit nie altyd moontlik om terug te gaan nie en toe besluit Maritha op die enigste alternatief: om meer gereeld terug te klim in Grietmeid se Kalahari-skoene en lewe in al die herinneringe van ouds te blaas deur alles neer te pen. En om sodoende Grietmeid se unieke kindertyd aan meer mense bekend te stel.
Haar eerste boek, Grietmeid se Kalahari-Krismis – ‘n Kersnovelle, is ‘n herinnering wat aanklank sal vind by elkeen wat hunker na ‘daai jare se sosiale Kersfeesvieringe’. 

View full details