1
/
of
1
Huia (NZ) Ltd
Jock van die Bosveld
Jock van die Bosveld
Regular price
$2.60 USD
Regular price
Sale price
$2.60 USD
Shipping calculated at checkout.
Quantity
Couldn't load pickup availability
“Dis nie die een wat ek wil hê nie! Hierdie is dan die kleinste enetjie – die klein nikswerd in die werpsel! Ons het die beste en die dapperste hondjie nodig – die kampioen!” Jim se glimlag verdwyn en hy kyk fronsend na Fitz. “Moenie na sy grootte kyk nie! Dis hier binne!” sê Jim, hy wys na sy borskas. “Dis sy hart wat saakmaak!” Dis die 1870’s in Suid-Afrika – en goudkoors loop hoog. Van oraloor stroom delwers na dié pragtige, maar harde land, waar fortuine gemaak en verloor kan word en daar om elke hoek en draai nuwe geleenthede wag . . . maar waar gevare, skobbejakke en skelms ook hoogty vier! Dis hier waar Jock sy staal moet wys teen moeilikheid – ménsmoeilikheid – en leer dat dit die hart van ’n kampioen verg om selfs in lewensgevaar ’n ware en getroue vriend te wees.
Share
