1
/
of
1
Huia (NZ) Ltd
Die uitsonderlike boek van Suid-Afrikaanse rugby
Die uitsonderlike boek van Suid-Afrikaanse rugby
Regular price
$7.82 USD
Regular price
Sale price
$7.82 USD
Shipping calculated at checkout.
Quantity
Couldn't load pickup availability
Die Uitsonderlike Boek van Suid-Afrikaanse Rugby sal enige rugbyfanatikus boei. Dié versameling feite, statistiek, aanhalings en anekdotes wissel van die komiese tot die kontroversiële en herdenk die ryke geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby. Hierdie buitengewone/merkwaardige boek bevat van die mees opwindende stories oor Suid-Afrikaanse rugby, insluitende: hoe Manie Reyeneke laat was vir sy eie huweliksonthaal omdat hy eers 'n halfeindstryd vir sy klub moes gaan speel; die 90 meter-strafskop van Oostelikes; hoe die eerste Springbokke wat per vliegtuig gereis het met drie enjins oor die see gehinkepink het; hoe Kimberley 60 uur per muilwa moes reis tydens hul eerste toer na Kaapstad; hoe die Springbok Andy MacDonald met sy kaal hande 'n leeu doodgemaak het; die plettervat deur 'n toeskouer wat die Westelike Provinsie die Curriebeker gekos het; Paul Roos se weeklikse 260 km-fietsrit na Pretoria om klubrugby te speel.
Share
