Skip to product information
1 of 1

Tafelberg

Dokter van harte

Dokter van harte

Regular price $6.99 USD
Regular price $7.31 USD Sale price $6.99 USD
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Quantity
Jenna Joubert wíl nie deur dokter Luca de Wet, befaamde kardioloog van die Kaap, ondersoek of behandel word nie. Sy kan hom die moeite spaar. “My hart,” sou sy vir hom kon sê as hy haar sou vra, “is gebreek. Hou jou daaruit as jy weet wat goed is vir jou.” Luca de Wet duik orals op, maar sy vertrou hom nie. Sy wéét wat gebeur wanneer ’n hartchirurg gou is om die mes in te lê – en al die pad bank toe te lag – sonder om sy pasiënt se welstand in ag te neem. Dis net dat die vervlakste dokter met sy mooi mond allerhande fantasieë in haar wakker maak wat maar eerder kon gebly het. Want van mans en hul gewoontes weet sy genoeg om nooit weer toe te laat dat een wydsbeen oor haar hart kom sit nie . . .
View full details