Skip to product information
1 of 1

Tafelberg

Annelize Morgan Omnibus 2

Annelize Morgan Omnibus 2

Regular price $17.91 USD
Regular price Sale price $17.91 USD
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Quantity
Pad na die skavot is ’n spanningsvolle Kaapse verhaal. Vir Celèste du Toit is Armand de Bordeaux meer as ’n werkgewer – hy is haar droomheld. Sy weet egter dat haar drome oor hom drome sal bly, want hy is ’n graaf, ’n skatryk edelman, en sy ’n gewone bediende. Maar dan bevind sy haar in ’n avontuur wat haar hele lewe omverwerp.In Erfenis van liefde is Camille Rambart ’n pragtige negentienjarige meisie wat in ’n krot grootword nadat goewerneur Willem Adriaan van der Stel haar pa sy inkomste uit ruilhandel ontneem het. Op ’n dag daag ’n aantreklike, ryk jong man op met ’n aanbod wat Camille voor ’n pynlike keuse stel: As sy dit aanvaar, is daar uitkoms vir haar familie, maar dit sal ’n opoffering verg wat haar lewe kan verwoes.Die vergete era van die gouddelwers – ’n goue era vol verdriet en ekstase – word in Goud in die skemer weer lewendig gemaak. Mitzi Brandt is ’n tenger meisie, maar taai – haar toekoms moet gebou word op ’n kis goud wat sy met haar eie hande help delf het. Dié goud raak die spil waarom al haar geliefdes se lewens draai.
View full details