Skip to product information
1 of 1

Tafelberg

Die tonnel

Die tonnel

Regular price $6.99 USD
Regular price $7.31 USD Sale price $6.99 USD
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Quantity
Tot dusver het die lewe nog geen droomsterre vir die sensitiewe Ilse Rademeyer laat verskiet nie. Sy is op eenjarige ouderdom verlam weens ’n motorongeluk waarin haar ma sterf. Haar pa is ’n briljante wetenskaplike wat in sy eie afgeslote wêreld leef, en haar stiefbroer, Mynhardt, is ’n losbol en ’n rokjagter . . . Toe Markus Rademeyer op sy sterfbed lê, skroei die skuldgevoelens deur sy hart. Wat gaan van sy verlamde dogter word? Want Mynhardt, sy stiefseun, het so ’n reusebedrag geld by hom geleen dat daar geen sprake is van ’n goeie erfporsie aan Ilse nie. Maar dan bedink hy ’n oplossing. Nóg Ilse nóg Mynhardt sou ooit uit hul eie tot iets so waansinnigs ingestem het, maar diep in sy hart weet hy dit is die regte besluit . . . Danksy haar vader se testament word Ilse verplig om langs vele kronkelpaaie te reis voor sy die eindpunt van die lang, duister tonnel kan bereik en haar droomster kan gryp. Gelukkig ken die liefde sy eie tyd.
View full details