Skip to product information
1 of 1

Tafelberg

Die Poort 1: Bewakers

Die Poort 1: Bewakers

Regular price $11.70 USD
Regular price Sale price $11.70 USD
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Quantity
“Die poort is oop.” Ek skrik my amper besimpeld toe die ou tannie langs my skielik praat. Ek draai na haar toe. My nekhare rys en my lyf slaan hoendervleis uit. Ek sweer iemand het haar iewers in ’n begraafplaas opgegrawe. Geel vel span styf bo-oor haar kop, en hier en daar klou bossies hare soos droë gras aan haar kopvel vas. Sy leun nader. Ek ruik verlepte blomme. “Jy het haar ook gesien,” sê sy. “Hulle het haar kom haal.” Sy trek haar ogies nog kleiner. “Die stomme baba. Hy gaan nou sonder ’n ma grootword.” Skielik gryp sy my hande. Ek kyk af. Kraaikloue klem my vingers vas. ’n Vreemde hitte styg op in my arms, my nek, my kop. Ek probeer my hande uit hare trek, maar my spiere wil nie na my brein luister nie. “Ek weet nie wat Tannie . . .” “Jy wéét,” val sy my in die rede. “Jy sién. Nes ek.”
View full details