Skip to product information
1 of 1

Tafelberg

Blinde sambok

Blinde sambok

Regular price $8.77 USD
Regular price Sale price $8.77 USD
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Quantity
Niemand het gedink ek sal hoor nie, maar ek hét! Moenie dink omdat jy maar net tien minute gelede gebore is, omdat jy rooi en opgeskroef en lelik is, dat jy ook dom is, of nie kan hoor wat gepraat word nie. Jy kán. “Hierdie hopie sprinkaanbene . . . Is dit ’n kind? Is dit mýne?” Ek het my pa gehoor, en dit het die kwaad in my losgemaak, tóé al. En toe hoor ek ook die ander ding, dit wat suster Van Schalkwyk van my gesê het. Dit wat sy gesê het, het ek ook met my saamgevat. En dit het die wen in my losgemaak, tóé al. Want ek, die meisiekind wat my pa nie wou hê nie, moes baklei teen die vloek van die Gideon de la Reys . . .
View full details