Skip to product information
1 of 1

Queillerie

Atropos

Atropos

Regular price $15.72 USD
Regular price Sale price $15.72 USD
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Quantity
Soos die draad van die menslike lewe, gespan in die hande van Zeus se dogter Atropos, só verloop hierdie debuutdigbundel van herinneringsgedigte oor die jeug deur verse oor die mediese professie tot by die punt waar die draad geknip word – gedigte oor sterflikheid en verlies. Die wêreld van die geneeskunde word ryklik ontgin met gedigte wat strek van die toediening van narkose tot orgaanoorplantings. By uitnemendheid is die gedigte in Atropos noukeurige waarnemings van die natuurlike en die menslike kondisie. Hierdie is die gedigte van 'n fyn stilis, gekenmerk deur die vernuftige interaksie tussen betekenis en klank. “Daar is geen twyfel oor die hoë standaard van hierdie bundel nie; 'n ware vonds vir die Afrikaanse digkuns.” - Henning Snyman
View full details