Skip to product information
1 of 1

Huia (NZ) Ltd

Verweerskrif

Verweerskrif

Regular price $6.95 USD
Regular price Sale price $6.95 USD
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Quantity
Vanaf die verskyning van Dogter van Jefta, op agtien jaar, was Antjie Krog op pad om een van die hoogs aangeskrewe en mees gelese Afrikananse digters te word. Byna veertig jaar later kom sy met ? bundel wat ouer-word karteer, met verse wat die grense tussen liriek en bieg, die persoonlike en openbare, uitwis. Verweerskrif is ? bundel wat aftakeling en verwering vreesloos en ekstaties in die oog staar. In haar unieke stem beskryf Krog die taboes in die verskuiwende gemoedstoestande van die menopouse woedend en intens. Intieme verhoudings ondersoek sy skreiend eerlik; soms konfronterend, maar dikwels op soek na vesoening. In die laaste, meer bepeinsende gedeelte word die intens persoonlike getemper. Die fokus verskuif na Tafelberg - ? durende alomteenwoordigheid wat oor vier jaargetye waargeneem word; die onnaspeurlike getuie van verandering, maar ironies ook ? spieël van die self en persoonlike wanhoop.
View full details