1
/
of
1
Christian Art Distributors Pty Ltd
Om die Liefde te Leef (eBoek): Ontdek 'n wonderlike nuwe lewe in 'n doodgewone wêreld
Om die Liefde te Leef (eBoek): Ontdek 'n wonderlike nuwe lewe in 'n doodgewone wêreld
Regular price
$8.45 USD
Regular price
Sale price
$8.45 USD
Shipping calculated at checkout.
Quantity
Couldn't load pickup availability
Tydens sy studentejare het hy sestien dae in die Stille Oseaan gespandeer saam met vyf vriende en ’n kas blikkiesvleis. As pa het hy sy kinders op ’n wêreldtoer geneem om roomys te eet saam met staatshoofde. Hy het vriende gemaak in Uganda, en so baie van hulle gehou dat hy die Ugandese konsul geword het. Dit het hom drie jaar geneem om sy vrou te oortuig om met hom uit te gaan. Sy punte op skool was nie goed genoeg om in die regte te gaan studeer nie, daarom het hy vir sewe dae op ’n bankie buite die rektor se kantoor gaan sit, totdat hulle hom uiteindelik toegelaat het om in te skryf. Bob Goff het ’n legende geword, en sy vriende beskou hom as die wêreld se besbewaarde geheim. Dieselfde vriende dring al lank by hom aan om ’n boek te skryf. Wat volg is paradigma-skuiwe, mymerings en stories van een van die wêreld se genotvolste, innemendste en bekoorlikste karakters. Wat is die geheim van sy impak? Liefde. Maar dit is nie die soort liefde wat by gedagtes en gevoelens eindig nie. Bob se liefde doen. Bob glo daarin Om die Liefde te Leef. Wanneer die liefde geleef word, word die lewe interessant. Elke dag verander in ’n uitgelate, rare en betekenisvolle geleentheid wat geloof eenvoudig en werklik maak. Elke hoofstuk is ’n storie wat ’n boek, ’n lewe vorm. En dit is een lewe wat jy nie wil misloop nie. Lig en prettig, uniek en diepsinnig, sal die lesse uit Bob se lewe en gesindheid jou dalk net inspireer om ook heimlik fantasties te wees.
Share
