Skip to product information
1 of 1

Christian Art Distributors Pty Ltd

Die belydenis (eBoek): Sy het die bekende agtergelaat om 'n onbekende lewe te ontdek

Die belydenis (eBoek): Sy het die bekende agtergelaat om 'n onbekende lewe te ontdek

Regular price $6.99 USD
Regular price Sale price $6.99 USD
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Quantity
Katie Lapp se identiteit lê aan skerwe die oomblik toe sy die satyn babarokkie op haar ouers se solder ontdek. Die gebeure het tot gevolg dat Katie uit die Amish-gemeenskap geban word. Sy ontdek haar naam is eintlik Katherine Mayfield en besluit om haar biologiese ma op te spoor. Haar soektog neem Katherine na die vreedsame atmosfeer in die huis van Lydia Miller waar elektriese ligte en telefone haar kop laat draai. En so vind sy haar weg na die weelderige Bennett-landgoed in die Finger Lakes-streek van die staat New York. Daar bevind sy haar in ’n wêreld van medelye en geldgierigheid, barmhartigheid en verraad. Hier word die eenvoudige kleredrag van die Amish gebruik om ’n bose sameswering te verberg. Daniel, Katherine se eerste liefde, maak intussen planne om hom met sy Amish-familie en met Katie te herenig, maar sy is onbewus daarvan. Het hulle wêrelde dalk te ver verwyderd geraak? Sal hulle ooit ’n brug na mekaar toe kan bou? Verban uit haar huis en alleen in ’n wêreld vol vreemdelinge smag Katherine Mayfield na die teer, liefdevolle omhelsing van die vrou wat sy so graag Ma wil noem.
View full details