Skip to product information
1 of 1

Christian Art Distributors Pty Ltd

Om die ondraaglike te dra (eBoek): Vir mense wat die seer van die dood, selfmoord en depressie beleef het

Om die ondraaglike te dra (eBoek): Vir mense wat die seer van die dood, selfmoord en depressie beleef het

Regular price $5.99 USD
Regular price Sale price $5.99 USD
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Quantity
Die dood van ’n geliefde is ondraaglik swaar. Tog is dit iets wat met almal gebeur en dié wat reeds daardeur is, weet hoe erg dit is as hierdie smart alleen gedra moet word. OM DIE ONDRAAGLIKE TE DRA is geskryf deur ’n pa wat die smart moes hanteer van sy sestienjarige dogter wat selfmoord gepleeg het. In hierdie boek help hy ander mense om hulle eie smart aan God oor te gee sodat die las hulle nie onderkry nie. OM DIE ONDRAAGLIKE TE DRA wil lesers wys dat sterk en gelowige mense ook soms swak is en maar mag huil. Dis bedoel om ouers te help om sterk én swak genoeg te wees om die grootste ramp te oorleef wat enige ouer ooit kan tref: die dood van ’n kind. Dit wil lesers wys hoe God elke mens help om die skynbaar ondraaglike tog te dra. In sy fokus op veral depressie, selfmoord en rousmart help Henk Gous lesers om hulle smart op ’n unieke maar gesonde manier te dra. Hy wys veral daarop dat God elke mens op ’n unieke manier deur die swaar van die lewe help en dat hulle juis in hierdie swakheid baie sterker word.
View full details