1
/
of
1
Huia (NZ) Ltd
Pikant: Maklike souse, geursoute en smaakmiddels om self te maak
Pikant: Maklike souse, geursoute en smaakmiddels om self te maak
Regular price
$10.43 USD
Regular price
Sale price
$10.43 USD
Shipping calculated at checkout.
Quantity
Couldn't load pickup availability
‘Geen kok wil smaaklose of oninteressante kos voorsit nie’ – dit is die stelling wat die beginsel agter Pikant saamvat – ’n kookboek met die doel om geur by daaglikse kookkuns te voeg. Met kreatiewe en geïnspireerde kosfotografie wat disse laat lewe, word die gewone buitengewoon. Meer as 280 resepte dek geursoute en -suikers, smere, speserymengsels en -pastas, marinades, doopsouse, aftreksels, souse, pesto's, asyne, olies, piekels, ingemaakte produkte en smaakmiddels. Dit is nie net heerlik nie, maar ook lekker om te maak! Tuisgemaakte smaakmiddels bevat geen ongewenste by- of preserveermiddels nie en kan aangepas word om aan individuele smaak en voorkeur te voldoen. Boonop is dit dikwels goedkoper as winkelprodukte. Die resepte sluit wenke in oor hoe om die klaarbereide produkte te gebruik en te bêre en, in die meeste gevalle, word variasies voorgestel. ’n Keur van volledige resepte vir voltooide disse is deur die hoofstukke versprei.
Share
